Edtwan & Jumari

Padaanwysings

Bona Bona Game Lodge, Wolmaransstad (N12), Klerksdorp, Noordwes 2570, Suid-Afrika

Hoe om daar te kom

Op die N12 Treasure Route

Bona Bona lê 50 km suidwes van Klerksdorp, langs die N12 Treasure Route in die rigting van Wolmaransstad. Reken op ongeveer 2 uur se ry vanaf Johannesburg en 2,5 uur vanaf Pretoria.

Die laaste stukkie pad is grondpad — ry stadig en hou jou ligte aan. Van die verblyf in die Safari House is net met 'n 4x4 bereikbaar; die Hoofkamp, Bosskamp en Ruskamp is met 'n gewone motor bereikbaar.

Intrek by die lodge is vanaf 14:00 en uittrek om 10:00. Let asseblief daarop dat die kamers nie TV's het nie — dit is deel van die bos-ervaring.

Wat om saam te bring

Dis 'n wildplaas, nie 'n stadsaal nie

Warm klere

Junie-aande in die bosveld raak baie koud sodra die son sak.

Praktiese skoene

Gras, sand en gruis. Hou die stiletto's vir die dansvloer.

Kontant of kaart

Sein is wisselvallig in die veld — hou 'n bietjie kontant byderhand.

Nog vrae oor die pad?

Stuur gerus 'n boodskap.